Agb Speaker, agb lede van die Parlement, dit is vir my 'n voorreg en 'n eer om namens die VF Plus ons opregte meelewing en simpatie te betuig met die familie en naasbestaandes van ons kollega, die agb Alina Rantsolase, wat verlede week oorlede is.
Soos wat ons gehoor het, is sy op 'n baie jeugdige ouderdom oorlede. Sy was ook nie lank in die Parlement nie. Sy het 'n kort kans gehad om hier te dien, maar sy was 'n lewende voorbeeld van iemand wat nie noodwendig die geleentheid gehad het vir formele opvoeding en onderrig nie, maar wat tog die hoogste sport bereik het en haarself uitgeleef het, ook hier in die Parlement. Dit is bekend dat sy 'n besondere belangstelling gehad het as tesourier en ook omgesien het na die finansies van almal betrokke waar sy was. Sy het 'n groot verskil gemaak, nie net in Cosatu wat die finansies betref nie, maar ook in die ANC.
Ek wil graag namens die VF Plus ons meelewing betuig met haar party wat 'n kollega verloor het. Ons eer haar gedagtenis. Ons het 'n kollega verloor, maar haar familie het 'n geliefde verloor, en ons dink aan hulle. Baie dankie. (Translation of Afrikaans speech follows.)
[Dr C P MULDER: Hon Speaker, on behalf of the FF Plus it is a privilege and an honour for me to convey our sincere condolences and sympathy with the family and next of kin of our colleague, the hon Alina Rantsolase, who passed away last week.
As we have heard, she passed away at a very young age. She also had not been at Parliament for long. She had a brief opportunity to serve here, but she was a living example of someone who did not necessarily get the opportunity for formal education and tuition, but who still attained the highest step and lived her own free life, also here at Parliament. It is known that she had a particular interest as treasurer and also looked after the finances of everyone around her. She made a big difference regarding finance, not only with Cosatu, but also with the ANC.
On behalf of the FF Plus I would like to sympathise with her party for having lost a colleague. We honour her memory. We have lost a colleague, but her family have lost a loved one, and we think of them. Thank you very much.]