Die ADJUNKMINISTER VAN LANDBOU, BOSBOU EN VISSERYE: Agb Speaker, die agb lid van Cope het verwys na voedselsekuriteit en hy is tegnies reg. Op die oomblik is dit wreldwyd 'n baie belangrike agendapunt. Dit was die agendapunt by die G8. Dit was by die G20 bespreek en by die Afrika-unie was dit een van die hoofpunte.