In Afrika en in Suid-Afrika se geval is bestaansboere baie belangrik. Dit bring politieke stabiliteit en dit moet in Suid-Afrika bevorder word. Die werklikheid is dat bestaansboere hoofsaaklik kos vir hulself en miskien vir die omgewing produseer maar daar is nie genoeg produksie om vir 70% van die mense in stedelike gebiede ook daarvan te voorsien nie.