Mev die Voorsitter, 'n doeltreffende Staatsdiens is noodsaaklik vir 'n land wat goed funksioneer. Dis veral belangrik in plekke soos Munsieville en Alexandra, waar mense sukkel om werk te kry, omdat hulle nie oor die nodige vaardighede beskik nie. Tereg dan verklaar president Zuma die jaar 2010 as "a year of action" ['n jaar van aksie]. Inderdaad, dit is tyd vir aksie. (Translation of Afrikaans paragraph follows.)
[Ms A M DREYER: Madam Chairperson, an effective Public Service is essential for a well-functioning country. This is especially important in places such as Munsieville and Alexandra, where people are struggling to find employment because they do not possess the required skills. Quite rightly, President Zuma has declared 2010 as a year of action. Indeed, it is time for action.]
The Minister said that it is time to work faster.
Kom ons kyk hoe lyk die rekord. Dit is staatsamptenare wat hierdie aksie moet uitvoer en Ministers, as die politieke hoofde, wat verantwoordelik is vir die bereik van die doelwitte. Daarom is 'n Staatsdiens slegs suksesvol as dit bestaan uit bekwame en professionele amptenare, maar in ons Staatsdiens is 20% van die poste in 26 van die nasionale departemente vakant. In die Departement van Kommunikasie is een uit elke drie poste vir hoogs vaardige amptenare vakant. Die een rede hiervoor is oneffektiewe werwings- en aanstellingsprosedure. Dit neem gemiddeld 20 maande en soms tot drie jaar om 'n vakature te vul. Waar is die aksie wat aan ons belowe is?
'n Verdere rede is dat die ANC, pleks daarvan om aansoekers op verdienste aan te stel, met ras en velkleur behep is. Die wet op billike indiensneming herinner 'n mens aan Nazi-Duitsland toe Jode as 'n minderheidsgroep se deelname aan sekere sektore in die samelewing streng beperk was. [Tussenwerpsels.] Ons vind dan ook nou in Suid-Afrika dat duisende bekwame amptenare van minderheidsgroepe reeds die diens verlaat het en nie eens oorweeg word vir aanstelling nie. Kom ek gee vir julle 'n voorbeeld: Kapt Renate Barnard van die Polisiediens doen herhaaldelik aansoek vir bevordering, maar sy word elke keer afgewys, ten spyte van uitstekende kwalifikasies. In die naam van raskwotas hou die ANC die pos vakant eerder as om 'n kundige persoon aan te stel.
Minister, is u verbaas dat dienslewering in duie stort? Die Minister het ook ges, "there is a call to account" [daar is 'n eis om verantwoording te doen]. Inderdaad. Ons stem weer saam. Die tyd het gekom om verantwoording te doen. Prestasiemeting is 'n noodsaaklike vereiste vir doeltreffende bestuur sodat hoofde verantwoordelik gehou kan word vir die bereik van doelwitte. President Zuma s dit self, want hy het beloof alle Ministers sal ooreenkomste teken. Hy s:
We are building a performance-oriented state by improving planning, as well as performance monitoring and evaluation.
Ministers versuim egter om toe te sien dat hul direkteurs-generaal kontrakte teken. Hoekom? Dis omdat geen Minister self nog 'n prestasiekontrak geteken het nie. Ek kan net weer vra: Waar is die aksie? Poste is vakant, Ministers en direkteurs-generaal teken nie prestasie- ooreenkomste, en niemand hoef dus verantwoording te doen nie. Daarom is dit geen verrassing dat die Staatsdienskommissie bevind het dat meer as die helfte van nasionale departemente onder standaard presteer nie. Talle nasionale en provinsiale departemente, sowel as staatsbeheerde ondernemings, kry jaar na jaar gekwalifiseerde oudits van die Ouditeur- generaal.
Onderprestasie kos egter geld. 'n Voorbeeld hiervan is Waterwese en Bosbou wat lisensies vir Transnet se pyplyn tussen Durban en Gauteng moet toeken en 11 maande neem om die nodige dokumente te verskaf. Weens hierdie onderprestasie en burokratiese rompslomp neem die koste vir hierdie projek in 2009 met R2,7 miljard toe. Waar is die aksie?
Nog erger, staatsbeheerde ondernemings beloon eintlik senior amptenare vir wanbestuur; byvoorbeeld, die hoof van die Landbank, Alan Mukoki, wat R4,5 miljoen gekry het toe hy onder 'n wolk van korrupsie bedank. Die SAUK betaal R11 miljoen om van Dali Mpofu ontslae te raak. Opeenvolgende Suid- Afrikaanse Lugdienshoofde kry belonings van altesaam R550 miljoen, ten spyte van bedryfsverliese van miljarde rand. Dit is duidelik: Die ANC- regering misbruik belastinggeld om ontslae te raak van kaders wat vir hulle 'n verleentheid word of wie se lojaliteite nie meer seker is na die magsverskuiwings binne die ANC nie. Hoekom moet belastingbetalers hiervoor betaal, mnr die Minister?
'n AGB LID: Waar is die aksie?