Soos 'n vis van sy kop af vrot, sien ons ook Ministers neem die voortou met onnodige besteding. Die DA-monitor wat uitspattige besteding aan onnodige luukses boekstaaf, het nou die R1 miljard-merk verbygesteek - dit is 'n een met nege nulle agterna. Belastinggeld is spandeer op onnodighede soos vyfsterhotelverblyf vir minister Nathi Mthethwa, 'n teaterproduksie vir minister Lindiwe Sisulu, en ultraluukse motors vir Ministers soos Siphiwe Nyanda. Hy vat die koek. [Tussenwerpsels.] 'n AGB LID: Daar is aksie op die nulle!