Vra enige mens in Suid-Afrika wat is fout met die staatsentiteite onder die Departement van Kommunikasie. Die antwoord wat ons gaan kry, is staatsingryping, en dan moet ons, die Portefeuljekomitee oor Kommunikasie, skarrel om die ANC en regering se ideologiese foute reg te stel. Almal wat in di portefeuljekomitee is, weet hoe ons die afgelope jaar geskarrel en gewerk het om die probleme op te los in die entiteite van die Departement van Kommunikasie omdat daar in die verlede, nie net oor 'n dag of twee nie, bitter, bitter swak politieke besluite geneem is. Dit het veroorsaak dat die SAUK, Okasa en Sentech nie gekom het waar hulle moet wees nie.
Daar is nog een gedagte wat ek graag by u wil laat: ek het 'n voorstel aan die Minister. In hierdie vergaderlokaal waar ons vandag is, is hier soveel kennis onder al die mense van die selfoonmaatskappye, van Telkom, wat hier sit. Almal weet hoe om die probleme van Suid-Afrika op te los omdat ons die kundigheid in Suid-Afrika het om dit wel te kan doen. Wat moet die regering doen? Die regering moet sterk leierskap toon.