Speaker, namens die VF Plus bring ek graag hulde aan dr Sefularo. Ek het hom leer ken in die Parlement en ook in Potchefstroom in Noordwes, waarvandaan hy en ek kom. Ek het hom ook as Adjunkminister goed geken.
As 'n mens na sy curriculum vitae kyk, is dit indrukwekkend. Hy was uitnemend bekwaam in verskillende velde, nie net medies nie, maar ook na die ander kant toe. Dit het hom uitermate geskik gemaak vir die werk waarmee hy besig was.
Waar ek met hom betrokke was, het ek hom as persoon nederig ervaar. Ek het hom aangenaam, maar ook doelgerig gevind. Hy het geweet waarheen hy wil gaan en hy het geweet wat hy wil doen.
Dit is nie nou die debat oor die gesondheidsdienste in Suid-Afrika nie, maar die gesondheidsdienste in Suid-Afrika het groot probleme. Ek het geglo dat hy die regte persoon op die regte tydstip was om met sy kundigheid en sy ervaring te help om juis hierdie probleme aan te spreek. Dit maak die verlies vir die ANC soveel groter op hierdie tydstip.
Polities is hy baie jonk en dis nie die regte tyd om weggeneem te word nie, maar daaroor het ons nie beheer gehad nie. Ek wil graag, namens die VF Plus, ons opregte simpatie uitspreek teenoor sy familie. Mag daar troos vir hulle toegebid word. Baie dankie. [Applous.] (Translation of Afrikaans speech follows.) [Dr P W A MULDER: Speaker, on behalf of the FF Plus I would like to pay tribute to Dr Sefularo. I got to know him in Parliament and also in Potchefstroom in North West from where we both hail. I also knew him well as Deputy Minister.
When one looks at his curriculum vitae, it's impressive. He was exceptionally competent in various fields, not only in medicine but also in other fields. This made him perfect for the work he was doing.
Whenever we worked together, I have experienced him as a humble person. I found him pleasant but also purposeful. He knew where he wanted to go and what he wanted to do.
This debate right now is not about South African health services, but health services in South Africa are faced with serious problems. I believed him to be the right person, at the right time, to contribute towards addressing these very problems with his expertise and experience. This is making the ANC's loss so much greater at this point in time.
In a political sense, he was still very young, and it was not the right time for him to be taken away, but that is something we did not have any control over. On behalf of the FF Plus, I would like to convey our sincere condolences to his family. May they find comfort in our prayers. Thank you. [Applause.]]