Dis tyd dat ons die geduld van vissersgemeenskappe beloon. Hulle was geduldig. Dis tyd dat ons die generasies van inheemse kennis en ervaring erken en daardie kennis met konvensionele navorsing integreer. Daardie kennis kan 'n mens nie in skole leer nie. Ons kan nie daardie kennis in boeke leer nie. Die vissermanne en-vroue s dat daar eers seewater in jou are moet vloei voordat jy kan weet wat die see is. Ongelukkig het ek nie seewater in my are nie, maar ek luister na mense soos Suleiman Achmat, Zandisile Henderson Ndongeni, Uncle Jack Heydrick en ander wat 'n bestaansreg in vissery befryf. (Translation of Afrikaans paragraph follows.)