Hon Chairperson, by working together we can do more.
Ek wil graag verwys na die toespraak van agb Bosman onder meer oor nasionalisering gepraat het.
Ek dink ons moet duidelik verstaan dat nasionalisering in hierdie stadium nie die beleid van die regering is nie. Ons is onderworpe aan Artikel 25 van die Grondwet.
Die agb lid het ook gepraat oor landelike veiligheid. Ek stem volkome saam. Almal in die landelike gebiede moet veilig kan voel. Dit is nie net landelike veiligheid nie, maar wel die agteruitgang van landelike infrastruktuur wat kwel. Dit maak die prys van landbouprodukte hor, want die bakkies en trokke wat die produkte moet vervoer, breek aanhoudend vanwe baie swak infrastruktuur. Ek wil graag 'n beroep doen op die Minister dat iets ernstigs daaraan moet gedoen word.
Ek wil agb Carter verseker dat dit nie 'n parlementre komitee was wat Zimbabwe toe gegaan het nie; dit was 'n vrywillige organisasie. Die dag dat die regering enige vrywillige organisasie belet om 'n ander land te besoek, gaan 'n kwade dag wees. Ons kan dit nie toelaat nie.
Die ander agb lede ... ek sien nie my goeie vriend, die agb Groenewald nie ...
'n AGB LID: Soos gewoonlik.