Agb Voorsitter, op 'n punt van orde: Ek sien hier is nie 'n tolkdiens vir Afrikaans nie. Daar was gister ook nie tolkdienste in hierdie Raadsaal nie. Ek het dit toegeskryf aan 'n tegniese probleem, maar dit lyk vir my dit is nou die gebruik. Ek wil graag verneem hoekom daar nie 'n tolkdiens vir Afrikaans in hierdie Raadsaal is nie, asseblief. (Translation of Afrikaans paragraph follows.)
[Mr P J GROENEWALD: Hon Chairperson, on a point of order: I see there is no Afrikaans interpreting service. Neither was there any interpreting service yesterday in this Chamber. I have attributed it to a technical problem, but it seems to me this is now common practice. I would like to know why there is no Afrikaans interpreting service in this Chamber, please.]