Agb Groenewald, wat die tolking na Afrikaans betref, het ons ongelukkig 'n tekort aan fasiliteite. Daar is 'n groot verskil tussen hierdie ou gebou en die nuwe gebou. As lede Engels praat, dan tolk ons nie, maar as lede Zulu, Venda of Tsonga praat, dan gebruik ons die fasiliteite om te tolk. Ons sal 'n langtermynoplossing moet kry. Baie dankie vir die moeite. Al die tale is baie belangrik in ons land.