Dankie Voorsitter, maar u is verkeerd. Daar word net na Engels vertaal in hierdie stadium. Ons moet mooi daarna kyk. Dit is 'n saak wat dringend aandag moet kry vir die toekoms. Om voort te gaan met hierdie saak deur net te s, "Jammer, die fasiliteite is nie beskikbaar nie", is ook nie aanvaarbaar nie. Kom ons gee aandag daaraan. En dan moet ons ook sorg dat daar begrotings is daarvoor.