Baie dankie vir die lekker Afrikaans ook, agb President.
By die onlangse imbizo met skoolhoofde het u baie mooi aan die onderwysers ges wat van hulle verwag word ten opsigte van die uitvoering van hulle pligte teenoor die leerders wat aan hulle toevertrou is. Agb President, u het ook baie mooi verduidelik en aan die skoolhoofde ges wat van hulle verwag word om goeie skoolbestuur uit te voer.
My vraag aan u is, agb President, wat s u vandag aan die leerders en onderwysers van 4 820 skole waar daardie skoolhoofposte vakant is? Van hierdie gevalle van skoolhoofposte wat vakant is, is 1 783 in die Oos-Kaap en die ander groot groep is in Limpopo en KwaZulu-Natal.
Ek wil dan vra, agb President, wat gaan u doen aangesien onderwys die nommer een prioriteit van die land is? Wat gaan u doen om hierdie totaal onaanvaarbare situasie reg te stel om sodoende die dissipline by skole reg te kry, maar ook om substansie te gee aan wat u ges het? Baie dankie. [Applous.] (Translation of Afrikaans paragraphs follows.)
[Mr D C SMILES: Speaker, hon President, at the recent imbizo with school principals you clearly told the teachers what you expect of them with regard to ... [Interjections.]