Agb Voorsitter, ek wil net vir die agb lid s as sy sekere vrot appels gaan uitgooi, gaan sy 'n skok opdoen, want sy gaan agterkom op party plekke gaan sy die hele sakkie moet weggooi. [Gelag.]
Die onderwerp van hierdie debat is die noodsaaklikheid om die uitdagings van plaaslike regering aan te pak. Ons mislei onsself. Dit is nie uitdagings wat daar bespreek moet word nie, dis krisisse! Ek wil sover gaan om te s die onderwerp behoort te wees "die noodsaaklikheid om die totale ineenstorting van plaaslike regering aan te pak".
Die agb Tsenoli het hier kom spog dat die probleem oor korrupte amptenare aangepak word en dat daar teen hulle opgetree word. Ek wil vir hom geluk s, maar ek het reeds by verskeie geleenthede van hierdie einste podium gevra dat die agb Minister regulasies moet uitvaardig wat bepaal dat 'n bepaalde amptenaar wat onder dissiplinre verhoor is by n munisipaliteit nie by 'n ander munisipaliteit aangestel kan word alvorens daardie dissiplinre verhoor afgehandel is nie.
'n Tipiese voorbeeld is die munisipale bestuurder van Klerksdorp. Ek het dit al hveel hier genoem! Hy was aangekla van diefstal, bedrog en korrupsie, en vr sy saak afgehandel is by Kroonstad, is hy aangestel as munisipale bestuurder van Klerksdorp.