Chairperson, let me also follow the trend of speaking Afrikaans.
Die Kongres van die Mense wil oor vyf kwessies duidelikheid h met betrekking tot die Minister se klassifisering van haar departement. Eerstens wil die Kongres van die Mense weet of die bateregisters van haar afdelings ten opsigte van die hergroepering deur die President geoudit is.
Tweedens, wat gaan die departement doen oor klimaatsverandering in Suid- Afrika?
Die derde een gaan oor die kwessie van vissery. Aan die Weskus sien ons die visbedryf soos die mynbedryf in Gauteng gesien word. Onder leiding van die ANC-regering die afgelope 15 jaar, het ons gesien hoe die visbedryf krepeer het met betrekking tot die feit dat werkgeleenthede in die bedryf gehalveer is en hoe die infrastruktuur in die visbedryf leeg staan en nie bewerk word deur gemeenskappe wat daarby moet baat vind nie.
Ons wil ook, onder meer, die volgende weet. In Doringbaai staan daar 'n visfabriek terwyl die bronne buite die dorp verwerk word. Die jongste navorsing met betrekking tot werkgeleenthede het getoon dat meer as 39% van die mense werkloos is as gevolg van die feit dat die bron in Velddrif verwerk word.
Ons wil ook van die Minister weet wat die departement gaan doen om die professionele kwotahouers uit die visbedryf te kry en die bedryf weer terug te plaas in die hande van die gemeenskappe wat 'n bestaan maak uit die storms van die water. Dankie, Voorsitter. (Translation of Afrikaans paragraphs follows.)
[The Congress of the People would like to have clarity on five issue regarding the Minister's classification of her department. Firstly, the Congress of the People would like to know whether her divisions' asset registers have been audited in compliance with the regrouping by the President.
Secondly, what is the department going to do with regard to climate change in South Africa?
The third one is regarding the issue of fisheries. On the West Coast we regard the fishing industry in the same way as the mining industry is regarded in Gauteng. Under the leadership of the ANC government in the past 15 years, we have witnessed the decline in the fishing industry due to the fact that job opportunities in the industry have been halved and because the infrastructure in the fishing industry is standing empty and is not being utilised by the communities who should be benefiting from it. We would also like to know, amongst other things, the following. Despite the fact that there is a fish factory in Doringbaai, the resources are being processed out of town. The latest research referring to job opportunities indicated that more than 39% of the people are unemployed due to the fact that the resource is being processed in Velddrif.
We would also like to know from the Minister what the department is going to do to rid the fishing industry of professional quota holders and to return the industry into the hands of the communities who make a living off the currents of the sea. Thank you, Chairperson.]