Voorsitter, die Minister ontvang die grootste gedeelte van die begrotingskoek, en dis in orde so, mits dit reg aangewend word. Daar is heelwat werk in die departement wat gedoen moet word, want ons skole is werklikwaar in 'n baie groot gemors.
Die Minister het egter nog nie aangetoon dat sy met begrotings kan werk en al die dienste kan lewer wat nodig is vir die departement en vir die kinders van Suid-Afrika nie. 'n Paar voorbeelde verdien om genoem te word: die afskaling en verengelsing van Afrikaanse skole; die gebrek aan aflewering van skoolboeke in die algemeen; en die gebrek aan die bou van nuwe moedertaalonderrigskole. Daarom kan ons aan die einde van die dag nie die begrotingspos ondersteun nie. Dankie. (Translation of Afrikaans speech follows.)
[Adv A D ALBERTS: Chairperson, the Minister receives the largest piece of the budget pie, and rightfully so, provided that it is spent correctly. Quite a lot of work needs to be done in the department, because our schools are really and truly in a huge mess.
However, the Minister has not yet shown that she is competent to work with budgets and to ensure that all the services needed are delivered to the department and the children of South Africa. A few examples are worth mentioning: the downscaling and anglicising of Afrikaans-medium schools; the nondelivery of textbooks in general; and failure to build new schools for mother tongue education. That is why, at the end of the day, we cannot support the Budget Vote. Thank you.]