Dit moet 'n les wees vir alle staatsdepartemente en vir alle sfere van regering wat in die toekoms sulke lofwaardige inisiatiewe wil onderneem om eers behoorlik navorsing te doen, om eers behoorlik te skakel met die professionele liggame hier in Suid-Afrika. Ons jeug is eenvoudig te belangrik dat daar so met hulle toekoms rondgedobber kan word. Dit is jammer dat ons Suid- Afrikaanse universiteite so sukkel om aan die vraag na hor onderwys in ons eie land te voldoen, want met die uitstekende opleiding wat so baie van ons eie universiteite bied, sou ook Suid-Afrika waarskynlik baie waardevolle buitelandse valuta kon verdien.