Ek wil graag nog 'n paar van ons indrukke met die lede deel. Die eerste is die verskynsel dat sommige Russiese universiteite hoofsaaklik weens historiese redes in bepaalde studievelde spesialiseer. Een voorbeeld hiervan is die Moskouse Universiteit van Vervoer met sy 93 000 studente. Hierdie universiteit het aanvanklik as 'n spoorweginstituut begin, maar spesialiseer nou in talle aspekte van vervoer en logistiek.