Voorsitter, Afrikaans is die taal van die EFF. [Tussenwerpsels.] Ja. Ministers, baie dankie vir u terugvoering, dat daar van plan is om te begin. Ek dink dit is belangrik dat daar so 'n opname moet wees, sodat daar ook, wat staatsamptenare betref, voorkomend opgetree kan word. Daar moet voorkomend opgetree word. Ek
dink dit is altyd goed ... Ons weet altyd dat die regering net spring om iets te doen wanneer daar iets gebeur. Hulle moet voorkomend optree. Ons weet die veiligheid van ons kinders en vroue in staatsfasiliteite ... Dit is ook die rol van die Minister van Polisie en die polisie, maar het u ook al met die Minister gekommunikeer oor 'n strategie om seker te maak dat kinders en vroue nie onveilig voel in ons staatsinstellings nie? Baie dankie.