The hon Deputy Minister is so right, and therefore it is very important to bring this into perspective. What is it all about?
Die eerste persepsie wat ons moet regstel is dat alle private slagfasiliteite onhiginies is. Dis mos nie waar nie. Alle slagtings op plase of in agterplase is mos nie onhiginies nie. Die ketting van daar af vorentoe is gewoonlik egter waar die probleem kom, en waar mense vleis nie higinies hanteer nie.
Dit raak mos nou 'n onbegonne taak vir 'n regering om die higine van vleis van 'n slagting af tot drie, vier, vyf dae of hoe lank ook al daarna te hanteer en die verantwoordelikheid te neem.
Dit moet dus afgeskaal word tot daar waar daar verantwoordelikheid geneem kan word.
Dan is daar twee aspekte waarna ons moet kyk. Hierdie twee aspekte is die lewendige dier en die dier nadat hy geslag is. Sekere siektes kan 'n mens waarneem voordat die dier geslag is, en daarom moet daar mense beskikbaar wees wat vooraf inspeksies doen.
'n Mens kan baie maklik sekere siektes waarneem daar waar die dier op die hoef staan; wanneer hy koorsig is, wanneer hy moeg is, wanneer hy lyk soos party van ons kollegas vanmiddag laat hier! Dit kan 'n mens van die uiterlike houding - ek wil amper s in die lyftaal - van die dier reeds waarneem. Dit is egter net die een gedeelte. Dit is ook die maklike gedeelte, maar daarna moet gekyk word.
Dan is daar egter sekere siektes wat alleenlik gedentifiseer kan word nadat die dier geslag is. Daarna moet ook gekyk word. 'n Mens kan byvoorbeeld kyk of die limfkliere vol TB-kieme is. Dit kan 'n mens nie sien in die lewendige dier nie, maar as jy hom oopsny, kan jy daardie kaasagtige sweer sien wat daar sit, en dan weet jy wat dit is. Masels, daardie lintwurmeiers wat tussen die vesels van die vleis is, kan 'n mens nie aan 'n dier sien as hy net daar staan nie. 'n Mens moet hom oopmaak en jy moet daardie weefsel sny. Daardie TB en masels kan 'n nadelige effek op die mens h as hy dit inkry.
Daar is ander problematiese siektes wat 'n mens nie op die hoef kan sien nie en wat jy ook nie kan sien as jy 'n dier geslag het nie, maar wat jy alleenlik deur bloedtoetse van die dier kan waarneem. Dit is dinge soos brusellose wat uiteindelik maltakoors by die mens veroorsaak. Dit kan alleenlik deur bloedtoetse van die dier agtergekom word, en daarom is daar programme in plek wat dit juis identifiseer, die diere doodmaak en die mense vergoed - amper soos met die bek-en-klou-seerepidemie wat ons nou het en waar dit gedoen is omdat dit die enigste manier was.
Hierdie proses was goed in plek hier in ons land, sodat brusellose- en TB- geaffekteerde melkbeeste en teeldiere byna in totaliteit onder beheer was. Nou het die agb Adjunkminister se departement, lyk dit my, se geld opgeraak of hulle het stoom verloor en daardie program is nie meer in plek soos dit was nie. Ek wil vandag 'n beroep op die agb Adjunkminister doen dat daardie program weer in onskou geneem word sodat dit hierdie wetgewing kan ondersteun en ons daarmee kan help.
Ons het net twee bekommernisse, en dit is baie kort, mnr die Voorsitter. Ek sien u wil my draadjie kortknip. Moenie!
AGB LEDE: Knip hom! Knip hom! [Tussenwerpsels.]