Voorsitter, dit is eintlik baie jammer dat ons moet stem oor die begrotingspos vir sport en ontspanning, want ek dink almal van ons stem saam dat sport een van die potensieel verenigende faktore in hierdie land kan wees. Ons het dit al in die geskiedenis gesien. Ons het dit in 1995 gesien en in 1996 gesien, maar ongelukkig is dit anders in Suid-Afrika in 2007.
Die VF Plus kan nie vir hierdie begrotingspos stem nie en wel om die eenvoudige rede dat hierdie begrotingspos se geld aangewend gaan word om die Minister in staat te stel om sy magte, wat hy verkry in terme van die Wysigingswet op Sport en Ontspanning, uit te oefen en deur te voer. Hierdie magte stel die Minister in staat om in te meng in dispute wat hy self kan skep. Hy kan self riglyne uitvaardig oor hoe spanne moet lyk en wanneer daar dispute oor die spanne kom, kan hy self ingryp om die dispuut op te los. Dit is 'n onaanvaarbare situasie. Die VF Plus kan dit nie aanvaar nie en kan om daardie rede ook nie hierdie begroting steun nie. (Translation of Afrikaans declaration of vote follows.)
[Mr W D SPIES: Chairperson, it is actually very sad that we have to vote on the Budget Vote for sport and recreation, as I think we all agree that sport has the potential to be one of the most uniting factors in this country. We have already seen it in our history. We saw it in 1995 and again in 1996, but unfortunately things are different in South Africa in 2007.
The FF Plus cannot support this Vote for the simple reason that the money for this Vote will be used to enable the Minister to exercise and implement the power, he has in terms of the National Sport and Recreation Amendment Act. These powers enable the Minister to intervene in disputes which he can create himself. He will be able to issue guidelines concerning the composition of teams and, when it comes to a dispute over the teams, he will be able to intervene himself and settle the dispute. This is an unacceptable situation. The FF Plus cannot accept it and, for this reason, cannot support this budget either.]