Agbare Voorsitter, die Departement van Korrektiewe Dienste is een van die komponente wat baie belangrik is vir die bekamping van misdaad in Suid-Afrika. Stem die agbare Minister saam of nie met die feit dat 'n persoon soos Tony Yengeni voorkeurbehandeling kry en dat hy nie sy volle deel van sy vonnis hoef uit te dien nie. Ek kan vir die agbare Minister voorbeelde gee van ander gevangenes wat 'n baie geringer oortreding as Mnr Tony Yengeni begaan het en wat langer in die gevangenis moet deurbring.
Daardie persepsie gee 'n sein na die publiek toe dat as jy die regte lidmaatskaart het dan gaan jy voorkeurbehandeling kry. Dit bevorder beslis misdaad en dit bekamp nie misdaad soos wat dit behoort te doen nie. Misdadigers moet hulle vonnisse uitdien. Die Vryheidsfront Plus sal nie die begroting ondersteun nie. (Translation of Afrikaans declaration of vote follows.)
[Mr P J GROENEWALD: Hon Chairperson, the Department of Correctional Services is one of the components that are vital in combating crime in South Africa. Does the hon Minister agree or disagree with the fact that a person like Tony Yengeni gets preferential treatment and does not have to serve his full sentence. I can give the hon Minister examples of other prisoners who have committed far lesser transgressions than Mr Tony Yengeni and have to remain in prison for longer.
This perception indicates to the public that if one has the correct membership card one will receive preferential treatment. This certainly promotes crime instead of combating crime in the way it is supposed to do. Criminals should serve their sentences. The FF Plus will not support the budget.]