Madam Speaker, that question was also put in Afrikaans, if I remember correctly.
Nee, inderdaad, enige landsbestuur plaas datums op enige proses. Jy moet datums plaas, want andersins het jy nie beheer oor die prosesse nie. Maar dit is nie te s dat jy daardie datum presies op die dag en uur gaan bereik nie. Die belangrike punt op die oomblik is dat ons minstens binne hierdie periode daardie 30% kan behaal. Dit is nog eintlik `n baie klein minderheid teenoor wat die behoefte regtig is in hierdie land. Maar dis ook `n baie ingewikkelde en moeilike proses. Omdat enige landbouaktiwiteit op langtermyn kapitaalbelegging berus, bou mens dit op oor tyd en jy probeer ten minste om daardie 30% te behaal. Dit is nog glad nie die einde van die pad nie en dit kan nie die einde van die pad wees nie. Baie dankie.