Agb Voorsitter, ek weet nie of die kollegas vanmiddag opgelet het nie, maar hier is 'n interessante tendens aan die ontwikkel. Dit gaan, wat my betref, oor 'n strategie van die DA. U sal opgelet het dat die agb kollega Lee vanmiddag begin het deur aan ons te verduidelik hoe goed dinge rondom die tyd van mnr Mandela was. Dit is nie 'n nuwe ding nie. Mev Zille het Maandag presies dieselfde gedoen.
U moet in gedagte hou dat die DA van mnr Mandela 'n "good guy DA person" gaan maak, met die oog op die verkiesing. Hou dop, u sal dit sien. (Translation of Afrikaans paragraphs follows.)
[Dr C P MULDER: Hon Chairperson, I don't know if the colleagues were paying attention this afternoon, but there is an interesting trend developing here. As far as I'm concerned, this is about a strategy of the DA. You would have noticed that the hon colleague Lee started this afternoon by explaining to us how great things were at the time of Mr Mandela. This is not something new. On Monday Mrs Zille did exactly the same thing.
One should keep in mind that the DA is going to turn Mr Mandela into a good guy DA person, in view of the election. Watch it, and you will see this.]
Citizenship, identity, linguistic and cultural diversity in a globalised world.
Die vraag is: Waarom is dit vandag ter sake? [The question is: Why has that come up today?]
Why is that debated?
Na die Tweede Wreldoorlog, as gevolg van die vergrype in terme van individuele regte, het die klem op "human rights" geval - "the protection of human rights". Dit is waarop die klem was na die Tweede Wreldoorlog, maar in die moderne tyd waarin ons vandag leef, het die klem verskuif, verder weg. "Individual human rights" alleen is nie meer goed genoeg nie. Dit gaan nou verder. Die vraag ontstaan: Hoe word na die verskillende indentiteite van mense, gemeenskappe, en "linguistic and cultural diversity" gekyk en hoe word dit geakkommodeer as die ware toets in 'n samelewing?
Die probleem in Suid-Afrika is dat die ANC as 'n politieke party in terme van 'n meerderheid dink. Hulle dink nie in terme van hierdie verskeidenheid nie, ten spyte van die woorde wat ons hoor. Ons het dit vanmiddag gesien met die agb Minister van Arbeid, toe sy na die Association of Mineworker and Construction Unions, Amcu, verwys het. Die Amcu word nie in die onderhandelinge by Marikana gehoor nie ... (Translation of Afrikaans paragraphs follows.)
[After the Second World War, because of the transgressions in terms of individual rights, the emphasis was on human rights - the protection of human rights. This is where the emphasis lay after the Second World War, but in the modern time in which we are living today, the emphasis has moved further away. Individual human rights alone will no longer suffice. It goes further now. The question arises: How are the various identities of people, communities, and linguistic and cultural diversity viewed and how is that accommodated as the true test in a society?
The problem in South Africa is that, as a political party, the ANC is thinking in terms of a majority. They do not think in terms of this diversity, in spite of the words that we are hearing. We saw that this afternoon, with the hon Minister of Labour, when she referred to the Association of Mineworker and Construction Unions, Amcu. The Amcu is not heard in the negotiations at Marikana ...]
... because they represent a minority. They do not have a majority. Ons het verlede Woensdag hier in die Parlement tydens vraetyd dieselfde van die agb President gehoor, toe hy duidelik ges het dat die meerderheid meer regte het en dat minderheidsregte nie regtig tel nie. Ons het dieselfde van die Minister van Binnelandse Sake by die Kohesieberaad op 4 Julie in Soweto, gehoor toe sy ges het, "Word deel van die meerderheid".
Dit is 'n tipiese uitganspunt van meerderhede. Hulle kan hulself nooit indink oor hoe die minderheid en verskillende diverse gemeenskappe hul posisioneer en akkommodeer nie.
Die toets vir 'n werklike moderne staat is: Hoe akkommodeer mens daardie verskeidenheid? Suid-Afrika het 'n baie goeie Grondwet, maar hy raak agter, omdat ons nie meer daardie verskeidenheid akkommodeer nie. Ons sal dit moet doen, en dan is ons weer op die spoor. Dankie. (Translation of Afrikaans paragraphs follows.)
[We heard the same from the hon President during question time here at Parliament last Wednesday, when he clearly stated that the majority has more rights and that minority rights really do not count. We heard the same from the Minister of Home Affairs at the Cohesion Conference in Soweto on 4 July, when she said, "Become part of the majority".
That is a typical point of departure of majorities. They can never appreciate just how the minority and various diverse communities position and accommodate themselves.
The test for a truly modern state is: How does one accommodate that diversity? South Africa has a very good Constitution, but it is lagging behind because we are no longer accommodating that diversity. We will have to do that, and then we will be back on track. Thank you.]