As die agb Minister Trevor Manuel, 'n senior ANC-leier, na soveel jaar geen vertroue het in sy party se vermo om te regeer en te lewer nie, watter vertroue kan ons, as opposisie, h dat, eerstens, alle goeie voornemens tydens voorleggings van uitmuntende strategiese planne van departemente, jaarverslae en sogenaamde haalbare doelwitte wat vir die soveelste keer voorgel is ooit ten goede gestalte kan vind? Hoe kan daar met soveel tekortkominge omgesien word na armes wat bo hul versukkelde omstandighede verhef moet word? Hoe kan blywende vaardighede vir werkloses aangeleer kan word? Hoe kan 'n groeiende ekonomie plek maak vir soveel werkloses om 'n eerlike dag- of maandloon te kan verdien en sodoende die waardigheid van 'n werkende pa of ma weer te kan vier deur self kos op sy of haar gesinstafel te kan sit? (Translation of Afrikaans paragraph follows.)