Dankie, Voorsitter. [Thank you, Chairperson.] Hon Minister, I first want to say that, with that attitude, I can assure you that you will not make it into heaven. [Laughter.]
Agb Voorsitter, dit is onbillik om voorheen benadeelde jeugdiges te wil bevoordeel deur 'n nuwe benadeelde groep te skep. Die blanke matrikulante van vanjaar was twee jaar oud toe die ANC in 1994 aan bewind gekom het. Hulle het nie die voordele van apartheid nie. Hulle was nie deel van apartheid nie. Inteendeel, dit is juis hulle wat sukkel om beurse te kry om aan universiteite te studeer, want daar is nie geredelik beurse beskikbaar vir blanke studente nie. As u gaan kyk na die samestelling van die studente op universiteite, is daar basies nie meer 'n universiteit in Suid-Afrika waar die meerderheid blank is nie. Swart studente is verreweg in die meerderheid.
Minister, as u een rassegroep wil bevoordeel ten koste van 'n ander rassegroep, dan is dit mos nou niks anders as rassisme nie. En ...
'n AGB LID: Dis so in die Grondwet!