Mevrou die Adjunkspeaker, die VF Plus wens die studente van die Universiteit van die Vrystaat geluk met die uitslag van die pas afgelope studenteraadsverkiesing. Die studenteraadsverkiesing is op 'n politieke grondslag gehou, met partye soos Sasco, die DA en die VF Plus wat daaraan deelgeneem het.
Stemdag is voorafgegaan deur 'n intensiewe plakaat- en propagandaveldtog. Van die nege portefeuljesetels waarvoor gestem is, het die VF Plus al nege gewen. Die ander nege setels word proporsioneel verdeel. Die finale uitslag was dat die VF Plus van die agtien studenteraadsetels veertien setels gewen het. Sasco het drie setels gewen en die DA het een setel gewen.
Hierdie oorweldigende uitslag ten gunste van die VF Plus stuur 'n baie sterk boodskap aan die rektor van die universiteit en bevestig die tendens die afgelope tyd, waarvolgens die VF Plus byvoorbeeld die afgelope nege jaar die studenteraadsverkiesing by die Universiteit van Pretoria gewen het. Die jeug, en spesifiek die Afrikanerjeug, is moeg dat daar teen hulle op rassegrondslag in Suid-Afrika gediskrimineer word en reageer op hierdie wyse. Hierdie Huis moet ernstig hiervan kennis neem. Ek dank u. (Translation of Afrikaans member's statement follows.)
[Dr P W A MULDER (FF Plus): Madam Deputy Speaker, the FF Plus congratulates the students of the University of the Free State on the results of the recent students' representative council election. The students' representative council election was held on a political basis, with parties such as Sasco, the DA and the FF Plus participating in it.
Voting day was preceded by an intensive poster and propaganda campaign. Of the nine portfolio seats that were voted for, the FF Plus won all nine. The other nine seats are divided proportionately. The final result was that the FF Plus won 14 seats of the 18 students' representative council seats. Sasco won three seats and the DA one seat.
This overwhelming result in favour of the FF Plus sends a very strong message to the rector of the university and confirms the recent trend, according to which, for example, the FF Plus have won the students' representative council elections at Pretoria University for the past nine years. The youth, and in particular the Afrikaner youth, are tired of being discriminated against on the basis of race in South Africa and respond in this manner. This House should seriously take this into consideration. I thank you.]